Dlamini-Zuma soek nuwe befondsingsmodel vir munisiplaliteite

Die minister van samewerkende regering, Nkosazana Dlamini-Zuma, het gevra dat die befondsingsmodel van munisipaliteite hersien word. Sy het tydens die opening van die Nasionale Plaaslike Regeringsberaad in Boksburg kommer uitgespreek oor die land se huidige munisipale stelsel. Dlamini-Zuma sê die meeste munisipaliteite in die land is verarm, en die meerderheid burgers is afhanklik van maatskaplike toelaes en ander lae-inkomste strategieë vir oorlewing. Sy het gevra vir ‘n verandering in hoe munisipaliteite hul fondse insamel: