Tjombe gesels oor pro-bono verdediging

Die bekende menseregte-prokureur Norman Tjombe het nog ‘n pro-bono saak opgeneem. Die saak handel oor wat hy as die onregmatige dood van ‘n taxi-bestuurder Lebeus Wambili wat op 4 Augustus verlede jaar in die noorde deur lede van Nampol doodgeskiet is. Wambili is volgens wat berig word deur polisie gestop waarna hy geskiet is. Sy verloofde Ndilimeke Mwalengelwange, is ook beseer. Die veiligheidsministerie word vir 6,8 miljoen Namibiese dollar in skadevergoeding gedagvaar. Dit nuus kom na Tjombe aangekondig het dat hy Johan Meyer vir 10 miljoen dollar dagvaar na die dood van Hendrina Mupolo, 9, op Mariental. Tjombe sê geregtigheid is te duur vir die meeste Namibiërs…