Tjombe dagvaar Johan Meyer vir N$10m na dood van dogtertjie, 9

Die bekende menseregte-prokureur Norman Tjombe het ‘n siviele regsgeding namens die ontslape nege-jarige Hendrina Mupolo aanhangig gemaak. Tjombe werk op ‘n pro-bono basis en dagvaar Johan Meyer, wat op klagte van strafbare manslag in die saak verskyn vir ‘n bedrag van net meer as 10 miljoen Namibiese dollar vir emosionele skade en mediese koste vir berading. In die stukke sê Tjombe dat beide Mupolo se ouers emosionele skok en erge trauma ervaar het, en dus vra hy 5 miljoen dollar namens elke ouer. Hy eis ook 50 000 dollar die berading en 10 000 dollar vir die dogtertjie se begrafnis. Hy voer aan dat Meyer onregmatig opgetree het en ‘n aanranding uitgevoer het, wat  gelei tot Mupolo se dood. Die saak is tot 28 September uitgestel. Meyer word verteenwoordig deur Krüger, Van Vuuren & Company.