Onderwys se begroting vir verbruiksgoedere met amper 41% besnoei

Die onderwysministerie het gereageer op die kommer wat in verskeie oorde heers oor die klein begroting vir onderwys. Die Namibiese regering se begroting vir die verkryging van verbruiksgoedere is met 7,5 persent besnoei waarvan 348,75 miljoen Namibiese dollar aan die verdedigingsministerie toegeken is, nege keer meer is as dit wat aan onderwys toegeken is. Onderwys se begroting is 38,8 miljoen dollar. Besnoeiings het oral in die begroting voorgekom, maar verdediging se verkryging is met 3,35 persent gesny teenoor verlede jaar terwyl onderwys se begroting met 40,8 persent gesny is. Intussen word daar berig dat die onlangse onderwyskonferensie voorgestel het dat ‘n maatskaplike belasting op besighede gehef word om onderwys in die land te ondersteun. Sanet Steenkamp die uitvoerende direkteur in die onderwysministerie sê die besnoeiing is ‘n realiteit en dit het impak.