Misdaad neem toe, mense moet paraat wees

Adjudant-offisier Silas Shipandeni van die Namibiese polisie maan Namibiërs om te alle tye versigtig en waaksaam te wees aangesien misdaad aan die toeneem is. Oor die afgelope maande is ‘n toename in onder meer huisbrake en rooftogte waargeneem. Shipandeni sê daar moet nooit ‘n geleentheid vir diewe geskep word nie. Hy sê enige verdagte gedrag en bewegings moet aan Nampol gerapporteer word.