Tirop se man gearresteer

Die Keniaanse ster-atleet Agnes Tirop se man sal na verwagting vandag in die hof verskyn nadat hy gister in verband met haar moord in Kapnyamisa in hegtenis geneem is. Die direkteur van misdaadondersoeke, George Kinoti, het aan media gesê Emmanuel Rotich is in die kusstad Mombasa aangekeer toe hy probeer vlug het. Hy sê Rotich sal teregstaan op aanklagte sodra die ondersoek afgehandel is. Tirop se moord was ‘n skok vir die atletiekwêreld en mense in haar vaderland. Die 25-jarige was ‘n dubbele medaljewenner en Olimpiese atleet.