Privaat eiendomsreg is nie onderhandelbaar nie

Die president van Agri SA, Pierre Vercueil, sê privaat eiendomsreg en modelle vir gewillige koper, gewillige verkoper is nie onderhandelbaar nie. Hy het die organisasie se jaarlikse kongres toegespreek oor ‘n aantal wetsontwerpe oor grondhervorming wat tans in die Parlement oorweeg word. Vercueil sê eiendomsregte moet beskerm word omdat dit die hoeksteen van ekonomiese groei is. Hy twyfel of die bedryf en die regering die land kan dien deur voortdurend op die verdediging te wees oor grondhervorming. Hy sê daar moet eerder oplossings gevind word as om emosies op te sweep.