Blitsbokke skop Kaapstad Sewes met oorwinning af

Die Springbok Sewes het hul veldtog by die Kaapstad Sewes geopen met ‘n oorwinning oor Kanada. Die tuisspan, wat rustyd met 5-7 agter was, het kalm gebly onder druk en uiteindelik ‘n sege van 17-7 oor die Kanadese in hul Groep A-kragmeting behaal. Vir die Blitsbokke het Muller du Plessis, Shilton van Wyk en Ryan Oosthuizen drieë gedruk. Die Blitsbokke kom later vandag teen Fidji te staan en speel vanmiddag teen Frankryk in hulle volgende twee groepwedstryde voordat die uitspeelrondes begin.