Eagles wen derde opeenvolgende wedstryd in PNG

Die Richelieu Eagles het die span van Papua Nieu-Guinee gemaklik met 167 lopies gewen. Die Eagles het 284 vir 4 aangeteken in hul derde eendagwedstryd in die driekhoekige reeks met Papua Nieu-Guinee en die VSA. Papua Nieu-Guinee het 118 almal uit aangeteken. Die wedstryd is in Port Moresby in Papua Nieu-Guinee gespeel. Die span speel weer teen die gashere môreoggend om twee-uur Namibiese tyd.