Makhura moet terugkom en kragkrisis aanspreek

Die DA in Gauteng het ‘n beroep op premier David Makhura gedoen om sy oorsese reis kort te knip om kragkrisis tuis te hanteer. Dit volg nadat Eskom Sondag fase ses-beurtkrag ingestel het. Makhura is sedert die begin van die maand op ‘n beleggingsveldtog in Duitsland en Nederland. Fase ses-beurtkrag het Johannesburg Water se infrastruktuur en watertorings in verskeie dele van die stad geraak. ‘n DA-woordvoerder, Fred Nel, sê inwoners verdien ‘n regering wat die ekonomie eerste stel: