Popcru verwerp ANC se 3% verhoging

Die Suid-Afrikaanse polisievakbond, Popcru en ander vakbonde in die openbare sektor het die regering se loonaanbod van 3 persent verwerp. Die vakbond beplan om vandag na die Uniegebou op te ruk om ‘n salarisverhoging van 6,5 persent te eis. Ander eise sluit in die implementering van ‘n behuisingskema en die vul van vakante poste in die sektor. Die sekretaris-generaal van Popcru, Jeff Dladla, het ‘n beroep op ander vakbonde in die openbare sektor gedoen om by die betoging aan te sluit: