Nog geen klagtes by Regshulpsentrum oor werk en entstof nie

Die Regshulpsentrum sê dat daar nog nie navrae of klagtes by hom gemaak is oor werkgewers wat werknemers dwing om die Covid-entstof te neem nie. Die direkteur by die sentrum Toni Hancox sê sy hoor van gevalle en het weer werkgewers daaraan herinner dat dit onwettig is.