Tier byt park-werknemer dood

‘n Werknemer van die Seaview-roofdierpark in Gqeberha in die Oos-Kaap is gister dood nadat hy deur ‘n Siberiese tier aangeval is. Die park sê David Solomon was in die paadjie tussen twee kampe toe die tier oor die heining gespring het om uit te kom. Solomon het probeer om oor ‘n ander kamp se heining te klim, maar die tier het hom afgeruk en vermoedelik sy nek gebreek. Die park sê die kamp waar die tier bly, se elektriese heining was afgeskakel vir instandhoudingswerk toe hy ontsnap het.