Vrywillige diensjaar kan werkloosheid bekamp

‘n Vrywillige diensjaar word plaaslik as baie belangrik ge-ag om jeug ‘n geleentheid te bied om vaardighede aan te leer. In Suid-Afrika het die jeugleier van die One South Africa Movement, Gamalihle Cuba, voorgestel dat ‘n vrywillige diensjaar na matriek ook in die buurland ingestel word om matrikulante toegang tot werkgebaseerde opleiding te gee. Cuba sê dit kan help om die groeiende werkloosheidsyfer onder die jeug in Suid-Afrika, rondom 55 persent, teen te werk. Hy het ‘n beroep op die jongmense gedoen om volgende maand te registreer om in Oktober te stem sodat politieke partye verwyder kan word en met eerbare burgers vervang word.