Tienerswangerskappe in Kavango-Oos styg skerp tydens Covid-inperkings

Tienerswangerskappe in die Kavango-Oos-streek is volgens die  senior onderwysbeampte Adolf Muremi ‘n groot probleem met 520 tienerswangerskappe wat verlede jaar in die streek aangemeld is. Hy het gesê van die 520 meises, is 423 steeds op skool en 97 meises het skool verlaat. ‘n Skoolberader in die streek Marthinus Hamutenya het gesê die Covid-inperkings het bygedra tot die styging in tienerswangerskappe.