Noord-Korea lanseer glo ballistiese missel vanaf duikboot

Suid-Korea sê Noord-Korea het ‘n ballistiese missiel van ‘n duikboot af gelanseer in die hawe van Sinpo in die ooste van die land. Dit het volgens berigte 450 kilometer verder in die See van Japan geland. Noord-Korea het die missiel met sy onthulling in Januarie as die wêreld se magtigste wapen beskryf. Dié land het onlangs talle missieltoetse uitgevoer ten spyte van die Verenigde Nasies se verbod op die toets van ballistiese missiele en kernwapens.