Agt buitelanders vas ná swendelary met weduwees, geskeides

Agt buitelanders verskyn môre in die Kaapstadse landdroshof nadat hulle in hegtenis geneem is in verband met internet-bedrog, geldwassery en finansiële bedrog. Die Valke se woordvoerder, Katlego Mogale, sê hulle sal aangekla word van verskeie finansiële misdade, onder andere pos-bedrog. Hulle het na bewering bande met ‘n transnasionale georganiseerde-misdaadsindikaat wat slagoffers soos weduwees en geskeides in hulle visier het. Die vroue glo hulle is in ‘n romantiese verhouding en word dan uit hulle geld geswendel.