Tienerseun geniet die Isap Junior Ranger-kursus terdeë

Een van die tienerseuns wat die derde Junior Ranger-kursus vanjaar van Intelligence Support Against Poaching bygewoon het, sê dit was ‘n wonderlike ervaring. Isap se uitvoerende hoof, Fritz Kaufmann, sê dié seun van die hoofstad het uitstekend op die kamp gevaar. Altesaam nege seuns en vier meisies het die kursus vanaf 9 tot 16 Desember op die Isap-geriewe noordwes van Okahandja bygewoon. Die 14-jarige Dartanian Erasmus sê hy het baie tydens die kursus geleer…