Chinese vegvliegtuie en vlootskepe glo wéér in Taiwan-gebied

Taiwan se lugmag-stralers het vandag geskarrel om waarskuwings uit te stuur aan 39 Chinese vegvliegtuie wat sy suidoostelike lugverdediging-sone binnegekom het, volgens die eiland se ministerie van verdediging. Taiwan kla oor die afgelope twee jaar oor herhaalde missies deur die Chinese lugmag, dikwels in suidelike gebiede van sy lugverdediging-sone. Volgens die Taiwannese verdedigings-ministerie het Chinese vegvliegtuie en H-6-bomwerpers onder andere die afgelope 24 uur oor die Bashi-kanaal gevlieg en drie Chinese vlootskepe is ook naby Taiwan opgemerk.