Tieners traag vir inentings

Die wêreld is besig om mense teen Covid-19 in te ent, maar in Amerika is daar berigte dat tieners traag is om vir inentings op te daag. Navorsing dui aan dat mense bang is vir die inspuiting. Dr. Arnold Elfenbein sê mense moet bewus gemaak word dat dit belangrik is om ingeënt te word.