Zuma gebruik glo weer vertragingstegniek

Die Nasionale Vervolgingsgesag het die verdediging in die Suid-Afrikaanse oudpresident Jacob Zuma se korrupsieverhoor daarvan beskuldig dat hulle vertragingstaktieke gebruik. Die saak teen Zuma en die Franse wapenvervaardiger, Thales, is vanoggend in die Pietermaritzburgse Hooggeregshof tot 19 Julie uitgestel. Zuma en Thales het onskuldig gepleit op aanklagte van korrupsie, bedrog, afpersing en geldwassery wat met die 1999 wapenverkrygingsprogram verband hou. Die NVG se woordvoerder, Sipho Ngwema, sê Zuma se span het onder andere onvolledige dokumente ingedien.