Stad Tswane wil beter diens lewer

Die Stad Tshwane sê hy werk hard daaraan om seker te maak dat hy so gou as moontlik op kliënte se klagtes reageer. Die stad is swaar getref deur Covid-19 en die gevolglike inperkingstydperke wat tot agterstande gelei het. ‘n Woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman, sê sommige inwoners het verkies om nie self sentrums te besoek nie om moontlike blootstelling aan die virus te vermy. Dit het ‘n negatiewe uitwerking op hulle reaksietyd gehad.