Tiener dagvaar SA regering vir miljoene

‘n Tiener wat by haar skool verkrag is toe sy agt jaar oud was, dagvaar die regering in die buurland vir 5,1 miljoen Suid-Afrikaanse rand. Haar pa sê die meisie het sedert die voorval geestelike trauma, emosionele stres en depressie ondervind. Hy voeg by dat die skool uiters nalatig was deur nie die perseel te beheer, te monitor of te beveilig nie. Die gewese leerling aan die Kutumela-Molefi middelbare plaasskool buite Pretoria is in Junie 2015 deur twee tienerseuns seksueel aangerand terwyl sy vir skoolvervoer gewag het om huis toe te gaan.