Meer as 700 sterf in SA padongelukke

Die African Transformation Movement sê alkoholverwante ongelukke eis steeds te veel lewens op Suid-Afrika se paaie. Meer as 700 mense is tot dusver die feestyd in padongelukke oral in die land dood met voetgangers wat steeds die grootste deel van padsterftes uitmaak. Die ATM se woordvoerder, Zama Ntshona, sê die party pleit by alle Suid-Afrikaners om sober gewoontes aan te kweek, veral agter die stuur.