Tien stappers steeds soek op vulkaan

Reddingsoperasies op die gevaarlike hange van die Marapi-vulkaan in Indonesië is verskerp terwyl daar na tien stappers gesoek word. Dertien mense se dood is tot dusver bevestig nadat die vulkaan die naweek uitgebars het. Die Padang-soek-en-reddingsagentskap probeer mense red deur fisies na die top van die vulkaan te loop en die slagoffers af te help omdat uitbarstings steeds voorkom en sigbaarheid swak is. Indonesië loop dikwels deur onder seismiese en vulkaniese aktiwiteite omdat dit op die Stille Oseaan se Vuurgordel geleë is waar tektoniese plate teen mekaar bots.