Klaasen nie paaltjiewagter in SA toetsgroep teen Indië

Krieket: Tristan Stubbs en Kyle Verreynne is as paaltjiewagters in die Proteas se toetsgroep ingesluit vir die reeks teen Indië, maar Heinrich Klaasen is weggelaat. Suid-Afrika speel in twee toetse teen Indië, na drie T20’s en drie eendagwedstryde. Die Proteas se toets-afrigter, Shukri Conrad, sê die deur na toetse is nie vir Klaasen gesluit nie.