SA drinkwater-verslag word bekendgemaak

Die buurland se minister van Water en Sanitasie, Senzo Mchunu, maak vandag die Druppelverslae oor die gehalte, voorsiening en afvalbestuur van drinkwater in die land bekend. Die Blou-, Groen- en Geen Druppel-sertifiseringsprogramme is die departement se aanmoedigings-meganismes om die gehalte, afvalwaterbestuur, waterbewaring en aanvraag-bestuur van munisipaliteite te bevorder. Die departement se woordvoerder, Wisane Mavasa, sê Mchunu sal vergesel word deur adjunkministers David Mahlobo en Judith Tshabalala.