Tien persent van Namibiese bevolking is staatsloos

Tien persent van die Namibiese bevolking het nie dokumente nie, het die ministerie van binnelandse sake aangekondig. Tydens die bekendstelling van ‘n Living Lab-projek by Groot Aub deur die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram, wat daarop gemik is om burgerlike registrasies nader aan die mense te bring, het Margaret Kalo, woordvoerder van die ministerie gesê volgens die Namibiese demografiese opname van 2016 is 10 persent van die bevolking ongedokumenteerd en staatloos. Kalo beklemtoon dat die Living Lab ’n eenstop-diens is waar inwoners van Groot Aub ’n geleentheid kry om aansoek te doen vir dienste soos geboortesertifikate en identiteitsdokumente. Indien die projek slaag, sal dit landwyd uitgerol word.