Landboukenner verduidelik impak van Botswana se verbod

‘n Namibiese landbou-kenner het gereageer op Botswana, wat nes Suid-Afrika, ook ‘n verbod ingestel het op die beweging van gesplete hoefdiere in die land, weens vermoedelike bek-en-klouseer in die noordooste van die land. Alle vervoerpermitte is volgens Botswana se landbou-ministerie opgehef, asook die slag van diere by slagpale. Die uitvoer van gesplete hoefdiere, beesvleis, vars vleis en rou diereprodukte uit Botswana is ook opgehef tot verdere kennisgewing. Wallie Roux sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit gaan nie ‘n erge impak op Namibië hê nie.

Hy voeg by dit is belangrik om die bedryf te beskerm.