Stad Kaapstad gaan ekstra 100 wetstoepassers in sakekern ontplooi

Die Stad Kaapstad wil ‘n bykomende 100 wetstoepassers in die sentrale sakekern ontplooi. Volgens die burgemeester, Geordin Hill-Lewis, toon die middestad ‘n toename in ‘n aantal misdaadkategorieë, wat wissel van gewone rooftogte tot aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy beklemtoon die mense wat in die sakekern werk, handel dryf of skole bywoon moet veilig wees.