Boere moet reageer op vraelys van Stampriet-Akwifeer-Uraanmynkomitee

Die Stampriet-Akwifeer-Uraanmynkomitee is gestig om die moontlike ontginning van uraan in die sandsteen-drinkwater-akwifeer van die Stampriet Artesiese Bekken te ondersoek en te probeer voorkom. Die komitee beoog om ‘n omvattende databasis op te bou van alle uraan-eksplorasie wat plaasgevind het in die verlede, die hede, asook wat in die toekoms beoog word in hierdie area. Inligting word benodig van alle eksplorasieboorgate, hulle liggings, uitstaanpype wat in die grond gelaat is, en die wyse waarop elke boorgat verseël is. Vrae sal individueel aan elke boer of grondeienaar gestuur word met die sperdatum vir terugvoering is 10 Maart 2022. ‘n Komiteelid, Tanja Dahl, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hoe belangrik dit is dat die boere so vinnig as moontlik op vrae moet reageer