Tien lande bygevoeg op Thailand se lys van lae risiko-lande

Vanaf 1 November hoef reisigers wat ten volle ingeënt is en uit sowat tien laerisiko-lande kom, nie onder kwarantyn te bly wanneer hulle Thailand besoek nie. Dit sluit Amerika, die Verenigde Koninkryk, Duitsland en China in. Nog lande sal op 1 Desember by die lys gevoeg word. Reisigers moet ‘n negatiewe Covid-19-toetsuitslag toon en indien ‘n tweede toets by hulle aankoms ook negatief is, mag hulle vryelik rondreis. Vermaaklikheidsplekke in Thailand open op 1 Desember en alkoholverkope sal ook dan hervat.