FNB Namibia help boere in droogtegeteisterde gebiede

FNB Namibië het meer as 8 000 bale gras aan die Namibië Droogtehulpprojek vir kommersiële boere van Aranos en kommunale boere van Khorixas en die Noordweste geskenk. FNB Namibië het ook lusernbale aan 25 kommunale boere by Karasburg geskenk. Meer droogteverligting is op pad na die Leonardville Boerevereniging, onder leiding van Gys van Tonder. Rene Botes van FNB sê landbou is die hoeksteun van die ekonomie wat werksgeleenthede skep en voedselsekuriteit verseker.