Kaapstad kry eerste drywende sonkrag-proefprojek

Die Stad Kaapstad, in venootskap met Floating Solar, die Waternavorsingskommissie en die Universiteit van Kaapstad, stel môre ‘n opwindende nuwe hernubare energie- en waterbesparings-proefprojek bekend. ‘n Woordvoerder, Jean-Marie de Waal, sê die drywende fotovoltaïese sonkrag-projek, wat by die Stad se Kraaifonteinse afvalwater-suiweringswerke is, bevat ‘n drywende sonkragstelsel om die verdampings-vermindering en kragopwekkingsprestasie van drywende sontegnologie te bepaal. Dit is ‘n vernuwende navorsingstudie en data sal oor ‘n tydperk van 12 maande ingesamel word.