Tien babas wat agtergelaat is, word op Gobabis saam begrawe

Daar is ‘n skokkende berig uit Gobabis. Lede van die gemeenskap en verskeie borge en owerhede het bymekaar gekom om tien babas, wat tussen Mei verlede jaar en Julie vanjaar agtergelaat is by die dorp se staatshospitaal te begrawe. Van die ouers kon opgespoor word en het toestemming gegee vir die begrafnis eenvoudig omdat hulle dit nie kan bekostig nie, maar die meerderheid ouers kon nie opgespoor word nie. Drie doodskiste is geskenk vir die kleintjies se oorskot en hulle is Maandag by die Epako-begraafplaas ter ruste gelê.