Medisyne-tekorte moet aangespreek word

Die DA sê hy het geskrewe vrae in die Parlement aan die minister van Gesondheid, Joe Phaahla, voorgelê oor die totale onverkrygbaarheid van geelkoorsentstof en vele ander mediese voorrade in Suid-Afrika. Daar is volgens berigte ‘n tekort aan 150 noodsaaklike medisynes. ‘n DA-woordvoerder, Michele Clarke, sê sommige van die tekorte kan wel aan Covid-19-verwante oorsake toegeskryf word, maar dis kommerwekkend dat die situasie voortduur: