Nasionale trots onder die soeklig

Die Namibiese inligtingsministerie sal as bewaarder van die Nationhood and National Pride-program ‘n driedaagse vorderingsoorsigkonferensie vanaf 26 tot 28 Oktober op Swakopmund aanbied. Die konferensie sal belanghebbendes in staat stel om ‘n oorsig te gee oor die vordering wat gemaak is in die implementering van die kabinet-goedgekeurde 12 NNP-verbintenisse tot nasiebou en nasietrots. Die woordvoerder van die ministerie, Shoki Kandjimi gee meer besonderhede …