Theofelus opdateer NV oor SIM-kaart registrasies

‘n Opdatering oor die SIM-kaart registrasie-proses is in die Nasionale Vergadering gegee deur kommunikasie-minister Emma Theofelus. Die laaste sperdatum vir SIM-kaart registrasies voor deaktivering was 31 Maart. Simkaarte wat toe nog nie geregistreer was nie sal nie meer gebruik kon word nie, maar bly geldig tot 30 Junie. Daardie SIM-kaarte moet voor die afsnypunt geregistreer word of hulle verval. Die ministerie het goeie vordering gesien. Theofelus gee die besonderhede van registrasies regoor die telekommunikasie maatskappye.