Mbumba betuig meegevoel na Malawi vise-president se dood

President Nangolo Mbumba het sy diepe skok en hartseer uitgespreek na die tragiese dood van Malawi se vise-president, Saulos Chilima. Chilima, die voormalige presidentsvrou Shanil Dzimbiri en agt ander mense het gesterf toe hulle weermag-vliegtuig Maandag in gure weer neergestort het. Mbumba sê Chilima se verlies sal nie net deur die mense van Malawi gevoel word nie, maar die hele Afrika-kontinent. Mbumba het namens alle Namibiërs simpatie betuig met Malawi se president, Lazarus Chakwera, die Chilima-gesin en die mense van Malawi.