PDM steun maatskaplike toelaes – maar nie lewenslank

Volgens die jongste statistieke van die maatskaplike welsyn-ministerie oorleef meer as 618 000 Namibiërs op maatskaplike toelaes. Terselfdertyd wys die jongste verslag van die Wêreldvoedselprogram daarop dat onvoldoende voedselproduksie, en afhanklikheid van swak aangepaste reëngevoede landbou en eksterne markte vir voedsel arm huishoudings kwesbaar maak vir skokke en voedselprysinflasie. Die statistieke toon ook dat die aantal begunstigdes van die staat se ouderdomstoelae vanjaar alleen met byna 10 000 toegeneem het tot 202 294. Met verkiesings wat voorlê word politieke partye onder druk geplaas om hul menings oor verskeie kwessies te lug. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met Manuel Ngaringombe, die sekretaris-generaal van die Popular Democratic Movement, PDM, oor hul siening van basiese inkomste maatskaplike toelaes.