Thabo Bester en sy meisie bly agter tralies

Die landdroshof in Bloemfontein het die saak teen die Facebook-verkragter en moordenaar Thabo Bester se meisie, Nandipha Magudumana, en haar mede-beskuldigde, Teboho Dipholo, tot Maandag uitgestel vir borgtog-inligting. Hulle bly in aanhouding. Magudumana is formeel aangekla van moord, medepligtigheid, skending van liggame en bedrog. Dipholo werk vir ‘n maatskappy wat kringtelevisie-kameras installeer by die tronk waaruit Bester ontsnap het. Bester word tans 24-uur van die dag dopgehou in die C-Maksimum gevangenis in Pretoria. Hy en Magudumana is verlede week in Tanzanië in hegtenis geneem.