Melkprys styg, maar boere se uitgawes nog meer

Na ‘n paar jaar van geen melkprys-verhoging nie, het produsente teen die einde van verlede jaar ‘n 5,2 persent jaarlikse verhoging verwelkom. Volgens die Namibiese Landbou-unie se verslag van die vierde kwartaal van 2022, het totale uitgawes egter vir 2022 gemiddeld met meer as 20 persent gestyg, en dit is hoofsaaklik aangedryf deur stygings in die prys van brandstof en voerkoste. Talle melkboere het tydens die droogte hul koeikudde verminder en sommige produsente het die bedryf verlaat. Landboukundige Wallie Roux het die uitdagings in die melkbedryf aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.