Texas-hof: Facebook kan vir sekshandel verwantwoordelik gehou word

Die Amerikaanse staat, Texas, se hoogste hof het beslis dat Facebook verantwoordelik gehou mag word vir sekshandel wat op sy platforms plaasvind. Dit volg nadat talle slagoffers die sosiale media-reus daarvan beskuldig het dat hy bewustelik voordeel getrek het uit sy aanlyn gerief. Amerikaanse media berig dat hierdie beslissing toelaat dat drie siviele sake van slagoffers kan voortgaan. Die slagoffers het Facebook beskuldig dat hy die staat se 2009 Wet op Mensehandel oortree het en dat hy ‘n teelaarde vir sekshandelaars skep.