Gasvryheid- en alkoholbedryf erg deur nuwe Covid-inperkings geraak

Die nuwe Covid-maatreëls gaan ‘n groot invloed op sekere ondernemings hê. Alhoewel sommige sektore skynbaar nie so erg geraak gaan word nie, gaan die gasvryheids- en alkoholsektore erg hieronder ly. President Hage Geingob het vandag aangekondig die verkoop van alkohol sal van Maandae tot Donderdae vanaf nege-uur soggens tot ses-uur saans plaasvind. Daar sal geen drank op naweke verkoop word nie. Alle alkoholverkope vind op ‘n wegneembasis, behalwe in hotelle en gastehuise, waar gaste tuisgaan en restaurante mag ook slegs kos op ‘n wegneembasis verkoop.