Indië keur Moderna-entstof goed

Indië se medisyne-owerheid het die noodgebruik van die Moderna-entstof se Covid-entstof goedgekeur. Dis die vierde Covid-entstof om goedkeuring te kry. Indië het reeds 327 miljoen dosisse entstof gebruik en ses persent van die bevolking is ten volle ingeënt.