Tesourie vertraag indiening van finansiële verslag

Die Suid-Afrikaanse Parlement se staande komitee oor Openbare Rekenings het aan die Nasionale Tesourie gesê die vertraging om sy 2021-22 finansiële rekords voor te lê, is onaanvaarbaar. Die Tesourie het die indiening van sy jaarverslag aan die Parlement vertraag, weens verskille met die Ouditeur-generaal oor sy geïntegreerde finansiële bestuurstelsel. Die waarnemende direkteur-generaal van die Tesourie, Ismail Momoniat, sê die Nasionale Tesourie het sy finansiële state in Mei ingedien, maar het in Oktober versoeke vir verdere inligting ontvang. Skoor se voorsitter, Mkhuleko Hlengwa, sê die Tesourie behoort die saak op te los: