Appèlhof spyt oor foute oor Oscar se parool

Oscar Pistorius en sy familie aanvaar nou dat hy eers in Maart volgende jaar vir parool in aanmerking kan kom. Dit kom na die appèlhof sy diep spyt uitgespreek oor twee beslissings, op 21 Januarie en 21 Augustus verlede jaar wat per incuriam, of sonder behoorlike inagneming van die gereg of die feite van die saak was, gelewer is. Dit handel oor presies wanneer Pistorius sy vonnis begin uitdien het omdat die staat destyds suksesvol geappelleer het. Sy regsverteenwoordigers het toe sy aansoek in die hooggeregshof, om owerhede by die Atteridgeville-gevangenis te dwing om hom voor die paroolraad te kry, teruggetrek.