Okh-inwoners vergader oor grondeise

Die inwoners van Okahandja se informele nedersettings sal Sondagmiddag ‘n vergadering hou. Die groep het onlangs opgeruk vir grondlewering, en sê hulle sal nie ophou tot hulle eise aangespreek is nie. Sydney Gariseb, ‘n grondaktivis op die dorp, sê die vergadering sal Sondag die petisie wat hulle verlede week by die kantoor van die premier afgelewer het bespreek, sowel as die pad vorentoe. Die vergadering vind om vier-uur by Ouagadougou sokkerveld plaas.