Terrorisme in Mosambiek word vanaf SA befonds

‘n Verslag deur die Suid-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap dui daarop aan dat verskeie Suid-Afrikaners fondse verskaf aan Islamitiese militante wat bedrywig is in Mosambiek en verantwoordelik is vir die sterftes van honderde burgerlikes in die noorde van daardie land. Die SAOG verslag sal voorgelê word aan die SAOG spesiale beraad van staatshoofde en ministers wat vandag en môre in Maputo plaasvind. Fondse word ook bekom uit lande soos Tanzanië, Uganda en Burundi.