Jongste stamboek-wenners in SA

Die Suid-Afrikaanse Stamboekvereniging het die wenners in verskeie kategorieë van hul Stamboek Elite 2021-toekennings aangekondig.’n Bonsmara-beesteler van Reddersburg in die Vrystaat, Gert Nel, is die wenner van die beste vleisbees-stoet. In die beste perde-stoet-afdeling was die Pela Graça-friesperd-stoet die wenner. Die opkomende boer van die jaar is Zemele Denga wat ‘n Boran-stoetplaas naby Port Alfred begin het. Die honde-teler, Christopher Havenga, van CDH Boerboele naby Petrusville is die SA Stamboek Elite teler van die jaar.